Loading…

Thomas A Buys III

IT Guy | Music/Movie/Book Junkie | Freelance Photographer | Fitness freak | Wannabee traveler
Start exploring

‘n Aantal ongewone seënbedes

Geseënd is die wat weet hoe afhanklik hulle van God is, 

want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel (Matteus 5:3).

Die week loop ek ‘n aantal mooi seënbedes raak. Dit kom uit ‘n gebedeboek wat gereeld in ‘n bekende gemeente van Kaapstad gebruik word.

Die seënbedes kom uit die Franciskaanse tradisie. Dit is daardie versameling van gebede, geskrifte en seënbedes wat deur die bekende geestelike, Franciskus van Assissi, geskep is en deur sy volgelinge uitgebrei en gebruik is.

Spesifiek die seënbedes is anders as waaraan ons gewoond is. Heel toepaslik dra hulle dan ook die naam “ongewone”, “onverwagse” seënbedes.

En ongewoon is hulle inderdaad – luister net:

Mag God jou seën met ongemak oor maklike antwoorde,
halwe waarhede en kunsmatige verhoudings,
sodat jy diep in jou hart meer eerlik en vry sal leef.

Mag God jou seën met kwaadheid oor onreg, onderdrukking
en die uitbuiting van mense,
sodat jy sal begin werk vir geregtigheid, vryheid en vrede.

Mag God jou seën met trane
vir hulle wat ly as gevolg van pyn, verwerping, hongersnood en oorlog,
sodat jy hou hand sal uitsteek om hulle te troos
en hulle pyn om te sit in vreugde.

Mag God jou seën met genoeg dwaasheid
om te glo dat jy ‘n verskil aan die wêreld kan maak,
sodat jy kan doen wat ander dink totaal onmoontlik is.

Wie lank genoeg na hierdie sogenaamde “ongewone” seënbedes luister, hoor daarin die droom van ‘n God wat die heelmaking van ons wêreld op sy hart dra.

En wat jou vandag daarvoor wil gebruik …

Sodat jy daarin ook sy ongewonde seën deelagtig kan word.

Here, gee my vandag die moed om u droom te volg, en so u seën deelagtig te word. Amen

Carel Anthonissen
Sentrum vir Christelike Spiritualiteit: www.christianspirit.co.za of info@christianspirit.co.za

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: