Loading…

Thomas A Buys III

IT Guy | Music/Movie/Book Junkie | Freelance Photographer | Fitness freak | Wannabee traveler
Start exploring

Só praat God ook met ons

Só praat God ook met ons

Kyk na die kraaie: hulle saai nie en oes nie; hulle het geen spens of skuur nie,
maar God sorg vir hulle… Kyk hoe groei die lelies: hulle swoeg nie en
hulle maak nie klere nie, maar ek sê vir julle:
Selfs Salomo in al sy prag was nie geklee soos een van hulle nie (Lukas 12:24-27).

Jesus het dikwels voorbeelde uit die natuur en die diereryk gebruik om aan te dui hoe ‘n lewe onder sy sorg lyk. Lees maar net Lukas 12:22-34.

Dié week ontvang ek ‘n e-pos van ‘n vriend met ‘n skyfievertoning aangeheg wat hierdie gedagte nog verder neem. Die skyfiereeks begin met die woorde: “Eendag het ek God om instruksies gevra oor hoe ek op aarde behoort te leef. Hierop het God sy stem naby aan my oor gebring en gefluister.”

En dan, terwyl bypassende foto’s van diere en elemente uit die natuur volg, hoor ons:

“Wees soos die son, kom vroeg op en moenie laat gaan slaap nie. Wees soos die maan, skyn in die donkerte, maar onderwerp jou aan die groter lig. Wees soos die voëls – eet, sing, drink en vlieg. Wees soos die blomme – lief vir die son, maar trou aan jou wortels.”

“Wees soos die vrugte, mooi en sprankelend aan die buitekant, maar gesond aan die binnekant. Wees soos die dag wat aanbreek en vertrek, sonder om af te wys of te spog. Wees soos die oase – voorsien water aan hulle wat dors het. Wees soos die vuurvliegie wat, alhoewel klein, haar lig vooruit werp. Wees soos die water, goed en deursigtig. Wees soos die rivier wat altyd vorentoe beweeg.”

“En bo alles, wees soos die hemele: ‘n woonplek vir God!”

Gewoonlik irriteer baie van hierdie beeldmateriaal met vroom, goedkoop en moralistiese lesse my. Maar dié een het my geraak en verder laat dink.

Want God spreek inderdaad deur ons omgewing met ons.

Here, dankie vir soveel voorbeelde van u goedheid en sorg rondom ons. Hou ons oë vandag daarvoor oop. Amen

Yet.

Of all the words in the English language, “yet” has got to be the most comforting and powerful.

You don’t know how to do it. Yet.

You’re not up to the huge challenge in front of you. Yet.

You can’t figure out what it is you really want. Yet.

You don’t have the confidence to change. Yet.

You haven’t got the answers you need. Yet.

“Yet” reminds us that we’re greater than the circumstances we’re in. It reminds us that by taking the smallest of steps we can do extraordinary things that at first seemed impossible.

It reminds us that we can start, and that we’re not done yet.

Not by a long shot.

What can you put the word “yet” after? What will happen when you do?

http://thecodeofextraordinarychange.com/yet/

Padlangs 8/2506 Stuur jou emosie

Padlangs 8/2506 Stuur jou emosie.

 

‘n Geduldige mens het meer waarde as ‘n bedrewe vegter, ‘n mens met selfbeheersing meer as iemand wat ‘n stad inneem. Spr  16:32
Wat sê die Skrif oor ons emosies?  Nogal baie.  Die hoofsaak van die Skrifwysheid daaroor is dat die wyse persoon een is wat beheersing aangeleer het.  Kom ons kry die regte perspektief:  ons is emosionele wesens, trouens ons is een bol emosies.  Emosies is wat ons motiveer.  Ons moet dus ‘n gesonde emosionele lewe hê.  In ons tipiese gereserveerde, Calvinistiese opvoeding is ons eintlik op ‘n emosioneel ongesonde plek.  Baie van ons kan nie behoorlik lag nie, of huil as ons moet huil nie.  Ons sukkel om te dans “asof niemand kyk nie” (ek sukkel om te dans, punt – was mos ‘n sonde…).  Ons sukkel om te sê as iets teen ons waardestelsel indruis, ons sukkel om nee te sê.  Mense van Bybelse tye was GLAD nie so nie!  Ook nie Jesus nie.  Selfbeheer gaan dus nie daaroor om ons emosies net op te bottel nie – o hemel, nee.  Dit gaan juis daaroor om ons emosies reg te bestuur.  Om toepaslik te beleef.  Ons MOET kan skaterlag en MOET kan huil, selfs voor mense – as die geleentheid dit vra.  Ons MOET kan dans (ek weet) en MOET kan sê: nee, ek is jammer, ek stem nie saam nie. Iemand met sulke beheer is meer werd as ‘n vegter, vriend.
Here, ek wil meer beleef van die lewe.

Aksie, aksie, aksie

Die meeste nuwejaarsvoornemens hou nie baie lank nie. Teen hierdie tyd van die nuwejaar is hulle fut lankal uit. Die slim mense sê immers dat as jou goeie voornemens nie binne 72 uur vanaf teorie na praktyk verwissel nie, dan is dit ’n oefening in tydmors. Dan kan jy net sowel nie daardie besluite gemaak het nie. Die wagwoord is aksie! Dit klink vir my al te veel na die Bybelse boodskap ook.

Jakobus 1:22-23 sê dat goeie besluite sonder die regte dade leeg is. Dit is net so goed as om in ’n spieël te kyk en dadelik te vergeet hoe jy lyk as jy daar wegstap. (Is dit hoekom daar so baie spieëls in winkels en in ons huise is?) Geloof in Christus wat nie omgeskakel word in aksie nie, is dooie geloof. Kom ons neem die volgende vyf aksie-stappe vir die res van 2013:

— Sê in elke gebed vir die Here hoe lief jy Hom het.
— Sê elke dag vir iemand naby aan jou dat hulle kosbaar is.
— Bid elke dag vir een ander persoon by die naam.
— Dra elke dag een ander persoon se laste.
— Sien elke dag iets moois raak wat iemand doen, en sê dit vir hulle.

Dankie dat jy gelees het! Ons gesels graag met jou. Kliek hier om vir ons ‘n epos boodskap te stuur. Ons sien uit om van jou te hoor.